Boodskap vir Vandag

Search

Leer die geskiedenis van deernis

Neem my juk op julle en leer van My, want ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed (Matteus 11:29).

Een van die eerste stappe, volgens die skrywer Karen Armstrong, om deernisvoller in ‘n koue en onsimpatieke wêreld te leef, is eenvoudig om meer oor deernis te leer.

Oor waar dit vandaan kom, hoe dit ontwikkel het, wie oor eeue heen die draers daarvan was en waartoe dit alles gelei het.

In dié opsig herinner Armstrong ons aan iets wat miskien minder bekend vir baie gelowiges is. Dit is dat daar reeds twee eeue vóór Christus mense was wat ter wille van ‘n toleranter en deernisvoller samelewing, opgestaan het téén die kultuur van vergelding, geweld en uitbuiting wat destyds onder meeste volke gangbaar was.

Die filosoof, Karl Jaspers, verwys selfs, aldus Armstrong, na hierdie tydperk as ‘n geestelike rewolusie, een wat deurslaggewend was vir die mens se latere geestelike ontwikkeling.

Die draers van hierdie kultuur van deernis was destyds geestelikes of wyses wat veral in lande soos Indië, China, die Midde-Ooste en Griekeland gewoon het. Gedurig het hulle hulle meer aggressiewe volksgenote aangemoedig en begelei om ook hulle innerlike lewe te ontwikkel. Dit is dié deel van ons lewe waar ons meer kwesbaar, sag en liefdevol is.

Wie dáárop fokus en dit ontgin, so het hulle aangevoer, oorwin nie net hulle diepste vrese en kom tot groter kalmte, geduld en vrede nie – hulle dra ook daartoe by dat die samelewing meer liefdevol, regverdig en heel word.

Volgens Armstrong vind ons hierdie etos van liefde en deernis vandag by alle groot godsdienste.

Ook vir die Christelike geloof bly deernis ’n kernstuk. Jesus verteenwoordig nie alleen ‘n hoogbloei van dié tradisie nie – sy uitlewing daarvan bly uniek.

Tog bly die vraag of ons Hom altyd hierin navolg. Want, soos Richard Rohr, die bekende Franciskaanse priester tereg opmerk, ons mis soms as gelowiges die mees basiese en voor die handliggende waarhede en uitdagings van die evangelie.

En dit is om soos Jesus met deernis, en veral vergifnis, teenoor alle mense te leef.

O Here, wat kan ons ander bid as net dit: Gee ons meer deernis, allereers vir onsself, maar veral ook vir ander. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed