Boodskap vir Vandag

Search

Leerbaarheid

Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg.

– Galasiërs 6:3

 

Wat my opval tydens my reis deur die lewe, is hoe opgepof en alwetend mense soms kan wees. Hulle weet alles oor braaivleis, politiek, rugby, musiek, maar veral oor geloofskwessies. Hierdie alwetendheid veroorsaak hewige konflik, rusie en skeuring in gemeenskappe, kerke en tussen medegelowiges.

 

Soms verskeur alwetende mense mekaar soos ’n trop wildehonde, sommer oor beuselagtighede. En elkeen wat “alwetend” is, glo hy of sy is reg en verdedig sy of haar siening met skuim om die mond. Meestal vind hierdie gesprekke totaal sonder die Here se liefde en sagmoedigheid plaas, met slegs ’n koppige en ekkerige karperd voor elke wa.

 

’n Alwetende gesindheid kan gevaarlik en selfs misleidend wees. Sulke mense kan maklik die pot van genade mis sit. Ek sien gereeld hoe alwetende mense twis oor God se Woord en dit aanhaal asof hulle geestelike tennis teen mekaar speel. Hierdie mededingende geestelike aanslag kan vermink en verwond en verskeur. Dit kan lei tot geestelike hoogmoed, veroordeling, hartsverset – die teenoorgestelde van Jesus se voorbeeld van liefde en genade.

 

Ek neem nie deel aan die kampioenskap van die alwetendes nie. Ek glo net God is alwetend. Hy is die alwetende, allesomvattende en almagtige God. Hy ken ten volle. Die mens, met ons blindekolle en stowwerige lense en gebrekkige insig, ken slegs ten dele.

 

Op my knieë in nederigheid voor Hom, as ’n feilbare mens, ʼn gebreekte skulpie, ’n nederige nie-alwetende leerder, kry ek die bruistablet wat my gees laat sing.

 

Bruisgebed vir geestelike groei: Here, ek lê my alwetendheid neer en kies om leerbaar en ’n ewige student van U, die Leermeester, te bly.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed