Boodskap vir Vandag

Search

Liefde wat eerlik ontmoet

Daar is een ding waarop ons trots is: ons gewete verseker ons dat ons oor die algemeen, en teenoor julle in besonder, opgetree het met die openhartigheid en eerlikheid wat van God kom (2 Korinthiërs 1:12).

Om mekaar as mense in die oë te kyk, sluit natuurlik veel méér in as bloot die herkenning van mekaar se waardigheid en trots as mense.

Dit beteken ook die vrymoedigheid om mekaar eerlik en openhartig te ontmoet. Allereers om mekaar se lewenstories te hoor en ander mense só beter te leer ken, te verstaan en veral te leer liefkry.

Maar hierdie liefde – en dit is dikwels die tweede belangrike aspek van so ‘n eerlike ontmoeting – sluit ook die vrymoedigheid in om waar nodig mekaar te vermaan. Presies soos Paulus op ‘n stadium met die gemeente in Korinthe gedoen het (2 Kor 1-2).

Want sien, op dié manier help ons mekaar oper en eerliker lewe, om ook ons eie tekortkominge, foute, vooroordele en onbewuste obsessies onder oë te neem. Dit selfs teenoor mekaar te erken.

Om mekaar dus eerlik in die oë te kyk, kan by tye uiters pynlik, selfs ongemaklik en spanningsvol wees. Maar hopelik sal dit altyd daartoe lei dat ons, soos Christus van ons vra, stuk vir stuk aan onsself begin sterwe (Matt 16:24-25).

Want daarsonder kan die nuwe lewe waar begrip, versoening en vrede tussen mense gebeur, beswaarlik posvat.

O Here, ons leef party dae sulke lafhartige en futlose lewens. Gee ons vandag weer die moed om ander mense voluit te ontmoet. Ook wanneer dit beteken dat ons eerlik moet praat en ons eie foute moet bely. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed