Boodskap vir Vandag

Search

Liefde wat reguit praat

Bekeer julle, bekeer julle van julle bose optrede! Waarom wil julle sterf, Israel? (Esegiël 33:11).

Dat God ons tot die uiterste toe liefhet, beteken onder meer dat God nie ʼn passiewe minnaar is nie.

Soos die pa van die verlore seun, wag God nie passief op die terugkeer van sy kinders nie. Toe die jongste seun op ʼn dag berouvol in die verte verskyn – so lees ons – hardloop die pa hom tegemoet, omhels hom en soen hom hartlik. Die pa dra hom as’t ware die huis binne (Lukas 15:11-24).

Meer nog, soos die goeie herder wat besorg is oor elk van sy skape, gaan soek God daadwerklik na daardie enkele een wat afgedwaal en verlore geraak het. God doen spesiale moeite om net hierdie één skaap terug te bring na die kudde, selfs al beteken dit Hy moet die ander tydelik agterlaat (15:3-7).

Omdat God ʼn jaloerse God is wat besorg waak oor die heil en geluk van mense, ja, oor die skape van sy weiding, bevat sy liefde altyd ʼn appèl, die aandrang op ʼn antwoord. En wanneer die antwoord nie kom nie, praat God dikwels harder, roep God sterker, vermaan en waarsku God dringender – ja, vra God, soos hier in Esegiël, ʼn daad van omdraai en terugkeer. Kortom, bekering. Want God wil dat ons sal leef.

Ons weet immers uit eie ervaring dat ware liefde wat werklik besorg is oor die wel en wee van die ander, ook die moed behels om reguit en eerlik te praat. Om nooit te huiwer om te vermaan en aan te spreek nie. Om die ander op te roep tot berou en verandering. So ʼn liefde is dikwels “tough love”, soos die Engelse sê.

Maar daarsonder sal ons verhoudings kunsmatig, leeg en oppervlakkig bly. Ook hierop moet jy bedag wees wanneer jy jou in die arms van Christus begeef.

Here, ek het U lief, hoe lomp en onvolkome ook al. Ek wil vandag opnuut na U toe draai. Dankie dat U sondaars vergewe en ʼn berouvolle hart nooit verwerp nie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed