Boodskap vir Vandag

Search

Liefdevol bymekaar

Soos my Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly (Johannes 15:9).

Onlangs kyk ek weer na ‘n foto van ‘n familie: vier kinders, elkeen met sy of haar gade, en die ouer ma en pa trots in die middel tussen die kroos.

Dit is ‘n foto soos baie ander.

En tog is daar skielik iets wat my by nadere betragting opval. Want behalwe dat almal duidelik vrolik en opgewek lyk, raak hulle hande iewers liefdevol aan mekaar – rus dit op ‘n skouer, streel dit aan ‘n nek, talm dit op ‘n skoot.

Die foto word skielik vir my ‘n prentjie van wat nie net bloedfamilie nie, maar ‘n hele gemeenskap behoort wees. Dit is mense wat te alle tye sorgend, liefdevol en vriendelik by mekaar en met mekaar sal verkeer.

Dus nie net wanneer hulle saam op iets soos ‘n foto moet poseer nie, maar veral wanneer hulle daagliks deur ‘n diverse, geskeide en dikwels hatige wêreld hulle pad moet vind. En dit dan moeiliker word om mekaar te bly verdra en vas te hou.

Dit is ons uitdaging as nasie en kerk, dat dit veral dán duidelik moet word dat ons één is. En dat ons liefde vir mekaar eg en diep is.

Sodat ons sonder té veel kwelling en huiwering aan mekaar sal wil raak.

Here, gee ons vandag daardie liefde wat nuuskierig bly oor mekaar en graag na mekaar wil uitreik. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed