Boodskap vir Vandag

Search

Luister na die stem van jou siel

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe (Spreuke 4:23).

Dié week, met die oog op die bevestiging van ʼn huwelik, ontdek ek ʼn wonderlike vers in die boek Spreuke.

Dit lui: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe” (Spr 4:23).

Dié vers het my heel eerste laat dink aan ʼn uitspraak van die bekende sielkundige Karl Jung. Naas die vraag: “Wat vra mense van ons?” – só sê Jung – is die tweede belangrike vraag wat ons met verloop van ons lewe sal moet beantwoord, dié een: “Wat vra my siel van my?”

Inderdaad gaan dit met hierdie laaste vraag oor wat in ons hart, ja, in ons diepste binnekant aan die gang is. Dit gaan oor ons diepste passies, die roepstem van ons siel, dit wat ons, as ons noukeurig daaraan gehoor sou gee, tot volle lewe sou bring. Wat ons ook sou uitbring by die mens wat ons bestem is om te wees.

Om werklik te luister na ons siel kan natuurlik pynlik wees. Die rede? Dit vra van ons ʼn mate van selfkritiek. Die afbreek van ons oorambisieuse en onegte self. Die moed om, in die woorde van Van Wyk Louw, alles wat “enkel jeug en ver is van die pyn” te laat gaan.

Maar alleen só, deur versigtig maar moedig met die stemme van ons hart om te gaan, dring ons deur tot egte selfkennis en word ons meer volwasse.

En wie sal stry dat ons wêreld vandag ʼn dringende behoefte aan sulke mense het?

Here, help my om vandag u roepstem in die diepte van my siel te hoor en daarna te luister. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed