Boodskap vir Vandag

Search

Maak lig soos met kerse

En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê – Johannes 8:12 (1933/1953-vertaling).

God is die bron van alle lig. Sy lig is nie onderhewig aan kragonderbrekings nie. Dit is standhoudend. Ewig. Want Hy is sélf die Lig.

God vra nie van ons om die bron van lig te wees nie. Hy weet dat ons beurtkragmense is. Ons lig kom en gaan. Tog vra Hy van ons om kerslig te wees.

God is ook Wysheid. Daardie ewige wysheid wat ons lewenspad ononderbroke verlig.

Teenoor God se wysheid is ons insigte soos flikkerende kerslig in die donker. Dit is nie volhoubaar nie. ’n Kers brand uit of sy vlammetjie word uitgedoof wanneer ’n ligte bries daaroor waai. Sommer netso.

Dit maak nie saak hoe klein en flikkerend ons vlammetjie is nie, God wil hê dat ons in die donkerte rondom ons sal skyn. Ons is geroep om ’n verskil te maak.

Dít alles danksy God, soos 1 Korintiërs 1:30 uitlig: “Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing.”

God is waarlik Lig én Wysheid. Hy verlig ons lewenspad. Ons kan kies of ons in Lig en Wysheid wil wandel.

Here, dankie dat u lig en wysheid ons verlig sodat ons dit na ander kan uitstraal. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed