Boodskap vir Vandag

Search

Mense rondom jou wat kan help

Liewe Gaius, jy handel reg in wat jy vir jou medegelowiges doen, en dit nog terwyl jy hulle nie eers geken het nie (3 Johannes vers 5).

Weet jy dat daar elke dag mense rondom jou is wat jou in jou huidige krisisse en nood kan en ook wil bystaan en help?

Mense soos die ou kerkleier Gaius – van wie Johannes so gloedvol getuig (3 Joh) – wat jou lewe positief kan beïnvloed en help verander. In Paulus se woorde: Mense wat jou lewe tot ‘n aangename geur voor God en voor ander kan maak.

Soos daardie digter wat eenmaal die impak van iemand se aandag, liefde en sorg met die onverwagse en verrassende aanbreek van ‘n nuwe lente in sy lewe vergelyk het. Wat hy dan só beskryf:

you opened up a lusty spring
I did not know existed
you woke the dormant seed
that silently through barren
years persisted
In short: you gave me back the
bloom and grace of the Karoo
a lonely, oft forgotten place.

Die vraag is of jou oë en ore in dié tyd oop is vir sulke mense. En miskien belangriker nog, of jy gewillig en dapper genoeg is dat hulle ‘n nuwe lente in jou lewe help ontsluit?

Want dít is tog wat God wil.

O Here, gee my vandag die moed en vertroue om hulp te aanvaar. Want ek sukkel op my eie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed