Boodskap vir Vandag

Search

Mense wat seën

Inteendeel, wees mense wat seën, omdat julle daartoe geroep is, sodat julle seën as ʼn erfdeel kan verkry (1 Petrus 3:9, Direkte Vertaling).

Dit spreek tog vanself dat dié wat deur God geseën word, dit ook aan ander sal gun en hulle seën met ander sal deel.

Ook al verdien die ander dit nie; selfs al kry dié wat die seën uitdeel geen erkenning daarvoor nie.

Is dit dan nie waarop Petrus sinspeel wanneer hy in sy eerste brief die gelowiges in Klein-Asië, wat erg onder vervolging deurgeloop het, vermaan nie: “Moenie kwaad met kwaad vergeld of skeldtaal met skeldtaal nie; maar, inteendeel, wees mense wat seën omdat julle daartoe geroep is” (1 Petrus 3:9).

Om ander wat jou te na kom of selfs vervolg te seën, is natuurlik nie altyd so maklik nie. Dit vra dat ons, soos Christus, eerstens dieper sal probeer inkyk in die lewe van ander en beter sal begryp waarom hulle is soos hulle is. Kortom, dit vra dat ons ons harte teenoor hulle sal oopmaak.

Wie dit doen, sal ontdek dat hulle mettertyd die krag ontvang om die ander, selfs hulle vyande, te seën. Hoe pragtig stel John O’Donohue dit: “Wherever one person takes another into the care of their heart they have the power to bless.”

Meer nog, sê Petrus, is dat ons op dié manier – deur ander te seën – die weg vir God oopmaak om ons nóg meer te seën.

Here, maak tog ons harte vandag oop teenoor ander, ook ons vyande, sodat ons woorde en dade vir hulle tot seën kan wees. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.