Boodskap vir Vandag

Search

Met arendsvlerke

Dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie (Jesaja 40:31).

Van Ruler, die Nederlandse teoloog, merk in een van sy meditasies op dat die werklikheid is dat ons maklik moeg word. Liggaamlik moeg en geestelik moeg. Ons bereik plekke waar ons net nie meer lus is vir môre of lus is vir glo nie.

Soos iemand treffend geskryf het: Die bede in die Ons Vader waarin ons vra dat ons nie in versoeking sal kom nie, het te make met die smeekbede dat ons nie op ʼn plek sal kom waar ons dink ons geloof is nie die moeite werd nie, dat ons Christen-wees-verhaal vir ons nutteloos is nie.

Net God kan ons moegheid dra en dit selfs verander. Jesaja 40 verwoord iets hiervan: “Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke” (40:30-31).

Omdat God nie moeg word nie …
… is daar ʼn môre.
… dra Hy ons vandag.
… kan God in ons hart ʼn verwagting en ʼn verlange skep vir nuwe lewe en nuwe hoop.

Omdat U nie moeg word nie, Here my God, is daar vir my nuwe krag, nuwe lewe en nuwe hoop. Dankie daarvoor. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed