Boodskap vir Vandag

Search

Met arendsvlerke

Dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie (Jesaja 40:31).

Van Ruler, die Nederlandse teoloog, merk in een van sy meditasies op dat die werklikheid is dat ons maklik moeg word. Liggaamlik moeg en geestelik moeg. Ons bereik plekke waar ons net nie meer lus is vir môre of lus is vir glo nie.

Soos iemand treffend geskryf het: Die bede in die Ons Vader waarin ons vra dat ons nie in versoeking sal kom nie, het te make met die smeekbede dat ons nie op ʼn plek sal kom waar ons dink ons geloof is nie die moeite werd nie, dat ons Christen-wees-verhaal vir ons nutteloos is nie.

Net God kan ons moegheid dra en dit selfs verander. Jesaja 40 verwoord iets hiervan: “Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke” (40:30-31).

Omdat God nie moeg word nie …
… is daar ʼn môre.
… dra Hy ons vandag.
… kan God in ons hart ʼn verwagting en ʼn verlange skep vir nuwe lewe en nuwe hoop.

Omdat U nie moeg word nie, Here my God, is daar vir my nuwe krag, nuwe lewe en nuwe hoop. Dankie daarvoor. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.