Boodskap vir Vandag

Search

Met die koms van die lente

Maar aan God die dank. Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur (2 Korinthiërs 2:14-15).

En so het die lente weer stilweg met sy warmer dae en skoner lug onder ons gedaag.

Die koms van die lente op 1 September neem my altyd na my eie kontrei terug en wat ek “die eerste wonder van die wêreld” noem! Dit is Namakwaland en die Noordweste se blommeprag.

Jy sien ek ruik dit sommer as jy die Agterhantam by die plaas, Groot Toren, binnery ‑ die nuwe opslag, skerp geur van bossies en veld. En dan die plate en plate blomme. Van alle kleure en geure denkbaar.

Een rit deur dié veld laat jou soos ‘n nuwe mens voel en die sorge van die lewe ‘n oomblik lank vervaag.

Die aankoms van die lente in dié streek laat my ook altyd aan Paulus se oproep dink dat ons lewe die draers is van die kennis van Christus. En dat God dié kennis soos ‘n aangename geur deur ons versprei.

Net soos die lenteveld van my hartland-Karoo.

O Here, maak van my lewe vandag weer die draer van kennis oor U. Maak dit ‘n aangename geur tot u eer. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed