Boodskap vir Vandag

Search

Met ligter tred deur die lewe

God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok (2 Samuel 22:33-34).

Om dansend deur die lewe te gaan, beteken nie noodwendig dat jy oornag lesse by ‘n dansskool moet gaan neem nie!

Hoewel, laat ons eerlik wees, vroom mense, veral dominees en teoloë, dans waarskynlik te min! En dit kan beslis help om die spanning uit die lyf te kry as ’n mens van tyd tot tyd ‘n bietjie vrolik rondtrap en krul, al is dit net op die maat van jou eie musiek.

Om eg te dans, om dansend deur die lewe te gaan, beteken egter heelwat méér as net die bemeestering of beoefening van ‘n paar fisiese passies. Dit is om veral vry en met ‘n oop en vrolike gemoed te gaan lewe.

Dit om is die gewig van die lewe, al dié dinge wat so pynlik en vermoeiend op ons rus en ons dikwels verhinder om spontaan en blyvol te lewe, eenkant toe te skuif. Om eg te dans, is om doelbewus met ‘n ligter tred en ‘n kinderlike soort vertroue en gelatenheid deur die lewe te gaan, en ook ons medemense daartoe uit te nooi.

Ja, uiteindelik beteken dit ook dat ons nie bang sal wees om met oorgawe, ook met andere, te gaan dans nie.

Wie Jesus se boodskap, ja, die musiek van die evangelie, goed gehoor en laat insink het, sal wéét dat dít die soort lewe, die spreekwoordelike dans is waartoe Hy ons wil bevry. En ook al vind ons of ander mense dit aanvanklik vreemd en ongemaklik, kan ons dit maar waag om so te dans.

Nietzsche het al op sý dag die heerlike, maar bevrydende vreemdheid hiervan geantisipeer, toe hy geskryf het: “Those who were seen dancing were thought to be insane by those who could not hear the music.”

Dankie, Here, dat U my sorge en laste vir my dra sodat ek met ligter tred deur die lewe kan gaan. Help my om só te dans. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed