Boodskap vir Vandag

Search

Met oë van liefde

Omdat jy kosbaar is in my oë, geëer is, omdat Ek die Een is wat jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe – Jesaja 43:4 (2020-vertaling).

Ek het die gewoonte gehad om wanneer ek by ’n vertrek uitstap nog vir oulaas ’n opdrag aan die kinders te gee waar hulle by die tafel sit en huiswerk doen of op die bank lê en televisie kyk. Een middag roep een van my seuns my terug.

“Mamma moet my in die oë kyk wanneer Mamma met my praat.” Vir my was dit ’n keerpunt. Ek het besef: Elkeen van ons wil raakgesien word. Ons wil hê mense moet ons in die oë kyk. Ons wil nie na iemand se agterkop kyk nie.

Ons is almal “lyfhonger”. Studies toon dat jong bedelaartjies se grootste honger nie na kos is nie, maar na aanraking. Die uitsteek van ’n hand. ’n Vryf oor die kop. Aanraking en erkenning van ons menswees gee aan ons eiewaarde. Daarom moet ons mekaar in die oë kyk, nie skrams verby mekaar nie.

Vroeër jare het daar dikwels in voorhuise of aan die onderpunt van die gang ’n groot afdruk van De breede en de smalle weg gehang. Bo, in die middel tussen die twee weë, was ’n enorme oog, God se alsiende oog. Dit was vir my as dogtertjie vreesaanjaend om te dink God sien alles wat ek doen – goed en kwaad. Niks ontglip sy alsiende oog nie.

Vandag weet ek dat daardie alsiende oog in liefde en erbarming na my kyk. Dit is my Pa se oog wat Hy vir geen oomblik wegdraai nie.

Here, ek wil my mense in die oë kyk en werklik omgee. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed