Boodskap vir Vandag

Search

Met sekerheid en oortuiging

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie (Psalm 23:1).

Dit is altyd die moeite werd om na sekere tekste of boeke terug te keer en hulle met nuwe aandag te lees.

Só ontdek ʼn mens dikwels nuwe waarhede of jy kry ʼn vars perspektief op ou waarhede. Boonop word jy ouer en ryper. Wat daartoe bydra dat jy sekere waarhede beter verstaan of dinge raaksien wat jy voorheen gemis het.

So lees ek onlangs weer Psalm 23, sekerlik die bekendste psalm in die Bybel. Trouens, as daar een psalm is wat ek vandag nog woord vir woord uit my kop ken, is dit dié psalm. Tog sien ek by die herlees van hierdie psalm iets daarin raak wat ek vroeër nie so duidelik bemerk het nie.

Ek sien die volkome sekerheid en selfs blye oortuiging waarmee die psalmdigter in hierdie hele psalm sy geloof in die goedheid, sorg en trou van God bely, ja, dit selfs besing. Anders as die hedendaagse mens wonder hy nie oor God se bestaan of oor die vraag of God ʼn persoonlike God is wat sorg nie. Sonder huiwering, sonder enige sweem van twyfel, jubel hy dit uit:

“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie” (v 1). En later: “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie” (v 4). En uiteindelik: “U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly” (v 6).

Merkwaardig! Maar tot by dié sekerheid kan, ja, moet ons geloof uiteindelik groei.

O Here, saam met die psalmdigter wil ek vandag met sekerheid bely en dit ook glo: U is my herder. Ek kom niks kort nie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed