Boodskap vir Vandag

Search

Miskien kan ons hier begin

“… as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig oor jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag (Jesaja 58:10).

In Jesaja 58 wys God op twee dinge wat van die volk verwag word alvorens God se beloftes van heling en hoop vir hulle in werking kan tree.

Die eerste is dat hulle met groter toewyding en erns iets aan die ongelykheid in hulle samelewing sal doen.

Dit beteken eenvoudig dat hulle ‘n simpatieke hart vir die minder bevoorregtes sal ontwikkel. Wat op sy beurt weer beteken dat hulle die moeite sal doen om grense oor te steek, hulleself bloot te stel aan dié wat min het – armes, hongeriges en dakloses.

En dan te leer om te gee, te help, by te staan en te troos (Jes 58:6-7, 9-10).

Wat ons hier hoor, is ‘n ou boodskap waarmee ons nie altyd raad weet nie. Want in ons eie samelewing is hulp aan die armes nie sonder probleme nie. Lei dit dikwels tot groot frustrasie en ontnugtering. Ook ‘n soort vermoeidheid en sinisme wat jou verder in jou eie dop en isolasie kan terugdryf.

Dit is verstaanbaar. En tog is daar, gode sy dank, baie wat vandag die opdrag van Jesaja probeer naleef. Mense wat met groot vertroue, toewyding en veral verbeelding, nuwe weë soek om die ongelykheid op te hef. En dan ontdek hoe hulleself onverwags daardeur geseën word.

Miskien moet ons, om mee te begin, by hulle gaan leer.

Here, neem vandag weer ons hand en leer ons wat U van ons verwag. Ons sorg maklik vir onsself, maar ons is dom en onwillig om na ander om te sien. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed