Boodskap vir Vandag

Search

Moeilike opdrag

“Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg” – Matteus 5:44.

Ons dink aan ons vyande as mense wat ons kwaadgesind is, dalk wetteloos lewe of ons persoonlike leed berokken het. Jou natuurlike reaksie is om wrewelrig en haatdraend teenoor so iemand te wees. En jy reken dat almal dit mos sal begryp en jou nie kwalik sal neem nie. Jesus sê egter presies die teenoorgestelde: “Julle moet julle vyande liefhê.” Sy liefde het geen versagtende klousule nie. Dit sê nie: “Liefde, indien die persoon jou goedgesind is”, of “Liefde, indien hy om vergifnis vra” nie. Die Here se liefde is nie van wederliefde afhanklik nie.

Dit is ’n liefde ten spyte van.

Bybelse liefde is God-gesentreerd, nie ek-gesentreerd nie. Dit is die liefde wat Jesus aan die kruis gedemonstreer het. Een van sy laaste gebede was vir sy vyande: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”

Jesus sterf vir sy “vyande”, vir almal wat Hom nie wou aanneem nie. Ook vir ons wat so halsstarrig volhard met ons onvergewensgesindheid.

In Leo Tolstoy se bekende roman War and peace lê Andrei Bolkonsky en sy vyand Anatole Kurágin albei swaar verwond in die hospitaal. Andrei verstaan vir die eerste keer die betekenis van God se liefdesopdrag: “Compassion, love for our brothers, for those who love us and for those who hate us, love of our enemies; yes, that love which God preached on earth and which I did not understand …”

Here, ek is ’n rentmeester van u liefde. Daarom geld u opdrag om my vyande lief te hê ook vir my. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed