Boodskap vir Vandag

Search

Moenie te gou oordeel nie

Op daardie selfde oomblik het ‘n aantal Fariseërs vir Jesus kom sê: “U moet padgee en na ‘n ander plek toe gaan, want Herodes wil U doodmaak” (Lukas 13:31-35).

Ek wonder hoeveel mense die terloopse en tog merkwaardige opmerking in Lukas 13:31 al raakgelees het.

Van hoe ‘n klompie Fariseërs Jesus kom waarsku het om liewer uit die omgewing pad te gee, aangesien Herodes sy bloed soek.

Oor die presiese rede of motief vir die Fariseërs se optrede loop die menings uiteen. Party sien hierin ‘n kwaadwillige motief, asof die Fariseërs as handlangers vir Herodes opgetree het. Dit is nou dieselfde Herodes wat, hoewel aanvanklik nuuskierig oor Jesus, Hom later met veragting sou behandel (Lukas 23:8-11).

Ander weer kry vir die vermeende kwaadwilligheid geen gronde in die teks nie. Sodat hulle in hierdie Fariseërs se optrede tog ‘n gebaar van besorgde welwillendheid herken, selfs al was die meerderheid meesal téén Jesus gekant.

Ons weet eenvoudig nie wat hulle motiewe was nie. Wat ons wél weet, is dat daar onder die bestes van ons, altyd ook bedrieërs, lafaards en skelms skuilgaan. Net so is daar onder hulle met ‘n swak naam of reputasie, altyd ook diegene is – meesal ‘n minderheid – wat ánders is. Wat méér vrae vra, méér besorg is, selfs bereid is om hulle vyand van tyd tot tyd die voordeel van die twyfel te gee.

Soos moontlik hierdie klompie Fariseërs gedoen het.

Wat ons weer daaraan herinner dat ons versigtig moet wees om mense op hulle baadjie te takseer.

En té gou te oordeel.

O Here, bewaar ons daarvan om mense te gou te oordeel. Ook om die balk in ons eie oog raak te sien. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed