Boodskap vir Vandag

Search

My beker loop oor

U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor – Psalm 23:5 (1933/1953-vertaling).

Kleintyd was die heel mooiste woorde van die ou Psalm 23 vir my “my beker loop oor”. In my gedagtes kon ek sien hoe God die bekertjie in my hande begin vol skink. Hy skink en skink. Hy hou nie op nie. Eers wanneer die dieprooi vloeistof oor die rand begin biggel, sit Hy sy groot silwer beker op die feestafel neer. En mý beker loop oor. Die toppunt van oorvloed.

Dit is steeds wat God wil doen. Hy wil ons seën. Nie skraps nie. Nie korrel-korrel met sy een oog op die milliliters wat Hy reeds ingeskink het nie. Nee, tot oorlopens toe.

God wíl ons seën en met sy goedheid en guns oorlaai. Ons moet dit glo. En daaraan vashou.

Sy goedheid en guns gaan egter nie net altyd saam met groot dinge nie. Seën van God lê dikwels in die gewone van elke dag. In die goeie wat na ons kant toe kom. Bietjies-bietjies dalk – tot ons beker oorloop. ’n Bejaarde vrou vertel: “Ek was so vier jaar oud toe dit eenkeer baie droog was op ons plaas. By plaasbidure en spesiale biddae is dringend vir reën gebid. Een middag het dit begin reën. Net ’n paar stofnat druppels. Ek het op die stoep uitgestap en hardop “Prys die Heer met blye galme” gesing. Dalk het die ander stilletjies vir my gelag. Dit het nie saak gemaak nie, want vir my was God se oorvloed in daardie paar druppels.”

Dankie, Here, dat genoeg ook oorvloed is. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed