Boodskap vir Vandag

Search

My naam is my eer

‘n Goeie naam is meer werd as groot rykdom, die goeie gesindheid van ander meer as silwer en goud (Spreuke 22:1).

Die bekende rockster en musikant, David Bowie, is verlede week oorlede.

Opvallend was die wêreldwye waardering wat onmiddellik vir sy bydrae tot musiek opgeklink het. Veral sy kleurryke karakter, oorspronklikheid en voortdurende poging tot vernuwing het mense beïndruk.

Self het ek nooit baie aandag aan Bowie se musiek gegee nie, ondanks een van my goed ingeligte vriende se opmerking dat Bowie inderdaad ‘n “grote” in die musiekwêreld was.

‘n Vraag wat wel nou ná sy dood by my opgekom het, is die belangrike vraag oor watter beeld en erfenis onsself eendag gaan nalaat. Ja, hoe gaan mense ons onthou, oor ons praat, ons takseer wanneer ons ook eendag die aarde moet verlaat? Wat gaan ons naam alles by hulle oproep?

Gaan hulle ons onthou vir ons onversetlikheid, knorrigheid, slegte humeur, gierigheid of grootpratery? Of eerder vir ons geduld, nederigheid, omgee, deernis en vermoë om te luister?

Dit is belangrike vrae dié!

Tereg sing Randall Wicomb, plaaslike sanger wat ons ook onlangs ontval het: “Jy kan maar huil oor my naam, jy kan maar huil. My naam is my eer, my eer is my karakter.”

O Here, dankie vir die kosbare geskenk van ‘n goeie naam. En waar ons ons naam weggegooi en in oneer laat verval het, leer ons dat dit nooit te laat is om dit te herstel nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed