Boodskap vir Vandag

Search

My wese wag

My hele wese sien uit na my Heer, meer as wat wagte uitsien na die môre, ja, as wagte na die môre (Psalm 130:6).

Ons hou nie regtig van wag nie. Wag maak dat ons beplanning skeefloop, dat ons voel ons mors tyd.

En hier is nou vier weke in die kerkjaar wat wagtyd is – Advent. Advent herinner ons dat wag ʼn Bybelse tema is. Dat wag goed is. Dat wag nie tydmors is nie.

Psalm 130:4-5 is ʼn voorbeeld van wag en geloofsvertroue:

“Ek wag op die Here; my hele wese wag,
en op sy woord vestig ek my hoop.
My hele wese sien uit na my Heer,
meer as wat wagte uitsien na die môre,
ja, as wagte na die môre.”

Advent nooi ons om te oefen om te wag, want wag is ʼn ingesteldheid van afhanklik wees. Dit is ʼn teken van vertroue en ʼn verlange om te ontvang. Nie om die dinge van God te ontvang nie, maar om in Advent vir God self te ontvang.

Here, wag is nie lekker nie. Laat ons tye van wag ons afhanklikheid van U versterk, want ons wag op u koms, Here. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed