Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Ander skoonheid

Jesus het sy dissipels aangekyk en gesê: “Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God” (Lukas 6:20).

Vanoggend op pad iewers heen, vang ek die laaste gedeelte van ʼn radiogesprek met die kunstenaar Conrad Theys.

Theys is gebore in Montagu, maar het in die Loeriesfontein-distrik grootgeword. Oor die jare heen het hy hom onderskei as ʼn skilder wat, onder meer, die eenvoud en bekoring van dié Karoolandskap en sy mense met groot vernuf en aanvoeling kan uitbeeld.

Bekend is sy skilderye van eenvoudige plaaswerkers se huise. Byna filosofies verduidelik hy, aan buitestanders wat die huisies as vervalle en armsalige gehuggies afmaak, hoe sy skilderye juis die eie skoonheid en kleur van dié skamele huisies probeer vasvang.

Want vir die inwoners, ongeag hulle status of stand, is dit ʼn ware tuiste, ingerig en getooi met al die omgee en liefde wat ʼn hegte familielewe kenmerk. Dít voel ʼn mens sommer aan as jy na Conrad Theys se skilderye kyk.

En, sluit hy af, in dié huisies is daar meestal meer menslikheid en warmte te vind as in baie van die groot paleise waar die rykes en die bevoorregtes woon.

Ons kan inderdaad veel leer by hierdie kunstenaar wat dieper kyk – ook by die armes wat eenvoudiger, maar dikwels mensliker, leef. En so ʼn eie skoonheid vertoon. Een wat deur Theys op ʼn aangrypende manier uitgebeeld word.

Geen wonder Jesus het die armes spesiaal liefgehad en geseën nie.

Here, leer ons vandag daardie eenvoud en armoede wat deur U geseën word. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed