Boodskap vir Vandag

Search

‘n Ander weg

Toe het hy op sy knieë neergesak en hard uitgeroep:
“Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie” (Handelinge 7:60).

In skerp kontras met Psalm 137 waar die verontregte digter na weerwraak en vergelding soek, staan die verhaal van Stefanus, die eerste Christen-martelaar.

Handelinge 7:54-60 handel oor Stefanus se steniging. Dit skets ‘n harde toneel vol siedende haat en woede.

Luister net na die woorde of taal wat die reaksie van die skare teen Stefanus beskryf.

Ons hoor van woede en ‘n gekners van tande (Hand 7:54), van ‘n harde geskreeu – en dan die onbeskryflike geweld wanneer die skare op Stefanus toesak, hom by die stad uitsleep en met klippe begin doodgooi (Hand 7:57-58).

En dan die verrassende – Stefanus wat te midde van hierdie wrede aanslag kalm en bedaard bly, boonop hard uitroep dat God hierdie wreedaards die sonde nie sal toereken nie (Hand 7:60).

Vanwaar hierdie onverwagse en verrassende teenstem van vergifnis en liefde?

Die sleutel of geheim lê in die krag en teenwoordigheid van die opgestane Here wat tot vandag toe nog soos ‘n onstuitbare lig in ons donker en onbarmhartige wêreld skyn. Dit lê in ‘n hemel wat oop is oor ons.

Dít is waarop Stefanus in hierdie oomblik gerig is, waaruit hy leef (Hand 7:56). Sodat iets van Christus self – van sy vergewende liefde en krag – in hom sigbaar word. Geen wonder sy gesig het soos dié van ‘n engel gelyk nie (Hand 6:15), terwyl sy gebed ‘n weerklank van Jesus se eie gebed aan die kruis geword het (Lukas 23:34).

Maar dit is wat gebeur as mense hulle oë op die opgestane Heer hou. Hulle begin, anders as die gepeupel, deur Christus se nabye krag nuwe weë van liefde en vergifnis soek.

Net soos die sterwende Stefanus.

Here, leer my vandag die krag van u opstanding wat kan help dat ek ook dié vergewe wat my irriteer of selfs vervolg. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed