Boodskap vir Vandag

Search

‘n Belangrike steunpunt

God laat eensames in ‘n huisgesin woon n(Psalm 68:7).

Ek ken iemand wat redelike drastiese keuses in haar lewe moes maak ten einde haar eie vryheid en menswaardigheid te red.

Één van die keuses was om haar aggressiewe en skellerige man ná jare van mishandeling en geweld te verlaat.

Nie almal het haar optrede verstaan nie. Selfs van haar beste en vromer vriendinne het dit destyds afgekeur. Vir hulle was egskeiding eenvoudig verkeerd en nie te rym met die Christelike geloof nie.

En tog was daar te midde van haar smart en teleurstelling, één belangrike ligpunt: haar familie! Anders as haar vriendinne, het hulle het haar situasie en stryd oor jare goed leer ken. En onmiddellik om haar kom staan toe die ergste gebeur het.

Uiteindelik was dit hulle ondersteuning wat haar deur alles gedra het. Openlik sou sy dit later sê: “Dit maak nie langer saak wat mense sê of dink nie. Dit is genoeg om te weet ek het ‘n familie wat my liefhet en wat verstaan.”

Families is natuurlik nie sonder foute of skete nie. Van die pynlikste wonde word dikwels dáár toegedien – dit weet ons tog. Maar in ons brose, alledaagse lewe, bly die familie ‘n belangrike steunpunt, ‘n potensiële bron van oneindige liefde, ondersteuning en sekuriteit.

Daarom moet ons hierdie bande altyd met groot dankbaarheid en sorg bly koester.

O Here, dankie vandag weer vir ‘n familie waarop ek kan steun as dinge moeilik raak. En dink vandag aan hulle wat geen kind of kraai het nie – hulle wat alleen en eensaam deur die lewe moet gaan. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed