Boodskap vir Vandag

Search

‘n Belangrike wekroep

Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor …? (Matteus 16:26).

Onlangs kom ek op hierdie aanhaling van ‘n bekende, ouer Amerikaanse dokter af, iemand wat doelbewus haar geloof met haar werk integreer.

Sy skryf: “As mense net sover kan kom om stil te staan by en na te dink oor hulle innerlike lewe – dit is die wêreld van hulle dieper gevoelens, gewaarwordinge en verlangens – sal hulle beslis met meer hoop begin lewe. Ook bronne ontwikkel wat hulle kan help om beter en sinvoller met lyding om te gaan.”

In die wêreld waarin ons leef, is dié soort raad natuurlik nie so maklik om na te volg nie.

Oorlaai deur ‘n magdom prikkels, aansprake en verpligtings – méér as wat ons kan behartig – is die meeste mense se lewe vandag vasgevang in ‘n intense, uiterlike gejaag en gewroeg. Só raak hulle vervreem van hulleself en afgestomp teenoor ander.

Verbaas dit ons dan dat 400 dokters in Amerika jaarliks selfmoord pleeg, en dat 12 persent van alle manlike en 18 persent van alle vroulike dokters dáár aan depressie lei?

Teen dié agtergrond gesien, is hierdie ouer kollega se opmerking ‘n belangrike wekroep, ook aan ons. Een wat ons onder andere uitdaag om die waarde van stilte en rus, en méér nog, van ‘n egte, geestelike lewe, nuut te oorweeg.

O, Here, help ons vandag om weer die waarde van stilte en rus te ontdek. Ja, om die aanraking van u liefde daarin te ervaar. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed