Boodskap vir Vandag

Search

‘n Bitter pil

Julle moet baie bly wees as allerlei beproewinge oor julle kom (Jakobus 1:2).

Vir dié wat lief is vir krieket, was die vorige week ietwat droewig.

Want ‘n nederlaag wanneer jy weet ons kon wen en só die hele land beter laat voel, bly ‘n bitter pil om te sluk.

Weer moes ons volkie ‘n paar duur lesse leer.

Die eerste is dat teleurstelling, pyn en verlies deel is van die lewe. Al doen jy ook wát om dit te vermy of te keer, een of ander tyd breek dit in ons lewe in. En dan moet ons dit leer hanteer en verwerk.

Tweedens moes ons leer dat krieket, oftewel sport, met al sy bevredigende oorwinnings en pynlike nederlae, nie die somtotaal van die lewe is nie. Tereg het een sportman ná ‘n onverwagse nederlaag opgemerk: “Natuurlik is dit nie lekker nie. Maar niemand is dood nie. Die lewe is groter as dit. Ek moet weer aangaan.”

En dit is die punt. Net om te lewe – dít op sigself bly ‘n wonderlike gawe. Selfs al wys die lewe soms sy donker kante aan ons en is ons dae daarná verlam en verslae, bly die uitdaging om ook dít mettertyd as ‘n soort gawe te herken.

Net soos Jakobus met sy beproewinge ontdek het.

Here, leer ons vandag tog weer die ou les dat daar goeie dinge uit ons nederlae en terugslae gebore kan word. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed