Boodskap vir Vandag

Search

’n Dissipel van die liefde

“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet” – Johannes 15:9-10, 12.

Ons het dié teksgedeelte al so dikwels gesien dat ons maklik bo-oor die woorde lees. Ons vervlak die liefdesopdrag tot ’n vlietende emosie wat opwel en verdwyn.

God se liefde is onpeilbaar groot. Te groot vir woorde. Liefde – of die afwesigheid daarvan – maak ál die verskil. Want liefde is wysheid, en die afwesigheid daarvan is dwaasheid.

Die lied “Ubi caritas” is reeds in 796 nC deur Paulinus van Aquileia geskryf. Ubi caritas, et amor, Ubi caritas, Deus ibi est beteken: “Waar daar liefde en deernis is, daar is God.” Die lied is aanvanklik by die voetwassingseremonie van die vroeë kerk gesing, met Jesus as voorbeeld van liefde in die praktyk.

Viktor Frankl skryf in Man’s search for meaning: “Deur ander lief te hê maak ons in hulle die onmeetlike moontlikhede los om te kan groei en te verander, en om te word wat God bedoel het hulle moet wees.” Die afwesigheid van liefde is die oorsaak van opstande, burgeroorloë, wêreldoorloë. Ewe ingrypend is die gevolge van liefdeloosheid tussen man en vrou, kinders en ouers, vriende onderling. Want waar daar nie liefde is nie, word Christus se lig uitgedoof.

’n Oudpredikant sê: “Ek wil nie soseer as ’n predikant bekend staan nie, eerder as ’n dissipel van die liefde. My storie moet ’n storie van liefde wees.”

Here, laat my nalatenskap liefde wees. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed