Boodskap vir Vandag

Search

‘n Eerste belangrike tree

“Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien.” (Johannes 1:48).

Wie die groot uitdaging en verantwoordelikheid van ons eeu op hulle neem om vir die armes te begin sorg, moet altyd éérs ‘n belangrike eerste tree gee.

Dit is om agter die vodde en die vuil, agter die smekende, pleitende oë, ‘n medemens in uiterste nood raak te sien.

Ook om jou in hierdie nood te begin inleef. Jou as ‘t ware in die skoene van die arme te verplaas. Wat beteken dat jy sal aanvoel en raaksien hoe verskriklik armoede regtig is. Hoe dit mense van hulle menslikheid, selfvertroue en trots kan beroof, sodat hulle hard en verbitterd raak.

Want soos iemand skryf: “Wie ‘n harde lewe lei, word self ook hard.”

Armoede bepaal uiteindelik wie mense is, wat hulle word en hoe hulle optree. Dit laat wonde, nie alleen in en op die lyf nie, maar veral ook in die siel — daardie setel van ons herinneringe, gevoelens, stemminge en lewensinstelling.

Wie nie dit raaksien en verstaan nie, leef nog grootliks aan die armes verby.

En sal steeds voortgaan om sonder enige gewetenswroeging luukse paleise en motors te bekom.

Here, help ons om dit vandag weer te waag met daardie eerste tree – dit is om, soos U, ons medemens regtig raak te sien. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed