Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Hardnekkige vertroue

Die onverstandiges het hulle lampe gevat, maar nie ekstra olie met hulle saamgevat nie, terwyl die verstandiges saam met hulle lampe ook nog olie in houers gevat het (Matteus 25:3).

Om as volgelinge van Jesus in ʼn uur van onsekerheid en vertwyfeling waaksaam te bly, het vir die gelowiges deur die eeue heen verskillende dinge beteken.

Dit het in verskeie aksies of handelinge na vore gekom.

Die eerste was ʼn bykans onverskrokke en hardnekkige vertroue of geloof dat Christus inderdaad God se koninkryk, ja, sy blywende teenwoordigheid en krag, onder ons kom vestig het. En dat gelowiges elke dag deur God se Gees aan hierdie nuwe orde of bedeling deel kan kry.

Hierdie geloof of vertroue het hulle gedring om selfs in die slegste omstandighede nie moed op te gee nie, maar geduldig en hoopvol te bly. Om aan te hou goeddoen, liefde te betoon, vergifnis te bewys en die belangrikste: om God te bly loof en nie op te hou om tot God te bid nie.

Op dié manier het hulle, gevul met blywende vertroue, hoop en liefde – net soos die vyf verstandige meisies van Matteus 25:9 – hulle lampe brandend gehou.

Heeltemal tereg stel sommige geleerdes die beeld van die olie wat die lampe aan die brand moes hou gelyk aan die mate van geloof wat die meisies gehad het.

Want dit was presies wat dit was.

O Here, gee ons vandag meer geloof, hou ons lampe brandend. Help ons om nooit op te hou om tot U te bid nie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed