Boodskap vir Vandag

Search

‘n Hartelose optrede

“… en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind” (Lukas 10:33,34).

Ons moderne samelewing is regtig op sekere punte totaal windskeef en klaaglik.

Dink net hoe neuroties en behep ons met sekuriteit en kontrole geword het.

Toegegee, ons leef in ‘n korrupte wêreld waar die mees geharde misdadigers onder vroom voorwendsels opereer. Maar ons besorgdheid hieroor, en veral ons strategieë om dit teë te werk, mag tog nooit daartoe lei dat ons ons menslikheid verloor nie. Of soos die oortreders self word nie – hard, genadeloos en onbuigsaam nie.

Presies soos daardie amptenaar van die Britse ambassade wat onlangs tydens die aardbewing in Nepal my skoonsuster se jong dogter te woord gestaan het.

In dié tyd was sy by ‘n hotel in Katmandoe gestrand. Desperaat en moedeloos wou sy dringend met haar familie in aanraking kom. Maar sonder elektrisiteit in ‘n vervalle stad was dit moeilik. Uiteindelik was die Britse ambassade – een van die weinige instansies wat kontak met die buitewêreld gehad het – haar enigste toevlug.

Maar kan jy dit glo, haar versoek om ‘n enkele telefoonoproep na haar familie in Suid-Afrika te maak, is botweg geweier. Die rede? Alleenlik Britse burgers het dié voorreg!

Sjoe, wat se mentaliteit is dít, vra ek myself af, wat so harteloos en onbuigsaam is? Wat in só ‘n krisissituasie nie ‘n uitsondering kan maak om ‘n weerlose kind te help nie? Ook nie bereid is om manmoedig in die naam van liefde en sorg téén die sisteem se strak reëls op te staan nie?

Beslis was dit iemand wat nog nooit van Lukas 10:33-35 gehoor het nie!

Here, o gee ons vandag weer daardie moed om ter wille van liefde op te staan teen onbuigbare en liefdelose reëls. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed