Boodskap vir Vandag

Search

‘n Ingeligte raaiskoot

Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree (Spreuke 4:26).

My pa het die gewoonte gehad om wanneer hy iets interessants gelees het – wat gewoonlik iewers in die nag was – sy kinders vroegoggend daarmee wakker te maak.

Dit was asof hy sy nuutste ontdekking net nie vir homself kon hou nie.

So was hy een oggend vroeg weer in ons kamer met sy bekende: “Luister net ‘n bietjie hier!” In sy hand was ‘n artikel uit die Reader’s Digest – die getroue leser se handleiding van destyds. Die onderwerp het gehandel oor ‘n “Ingeligte keuse of raaiskoot”, of op Engels: “An Educated Guess.”

So ‘n raaiskoot, het die artikel vertel, het weinig met willekeur of geluk te make. Dit is ‘n intuïtiewe keuse of beslissing wat gewoonlik op grond van jare lange skoling en veral ervaring gemaak word.

En wat jou kan help om in krisissituasies goeie keuses te maak en nuwe uitweë te vind.

Vir die Bybel is hierdie beproefde soort kennis natuurlik nie onbekend nie. Dit staan bekend as wysheid, en word deurgaans aan ‘n deurleefde kennis van God en God se droom vir ons lewe gekoppel. Hierdie wysheid help ons nie net tussen reg of verkeerd, goed en kwaad onderskei nie – dit gee ons ook die nodige selfvertroue om dapper keuses in moeilike omstandighede te maak.

Vandag verstaan ek my pa se opgewondenheid hieroor beter as ooit.

Want is dít nie die soort wysheid wat ons deesdae so dringend in ons verwarde en stukkende samelewing nodig het nie?

Gees van God, kom en vul ons weer met u wysheid en aanvoeling, sodat ons keuses kan maak wat ons samelewing ten goede sal kom. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.