Boodskap vir Vandag

Search

‘n Ingeligte raaiskoot

Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree (Spreuke 4:26).

My pa het die gewoonte gehad om wanneer hy iets interessants gelees het – wat gewoonlik iewers in die nag was – sy kinders vroegoggend daarmee wakker te maak.

Dit was asof hy sy nuutste ontdekking net nie vir homself kon hou nie.

So was hy een oggend vroeg weer in ons kamer met sy bekende: “Luister net ‘n bietjie hier!” In sy hand was ‘n artikel uit die Reader’s Digest – die getroue leser se handleiding van destyds. Die onderwerp het gehandel oor ‘n “Ingeligte keuse of raaiskoot”, of op Engels: “An Educated Guess.”

So ‘n raaiskoot, het die artikel vertel, het weinig met willekeur of geluk te make. Dit is ‘n intuïtiewe keuse of beslissing wat gewoonlik op grond van jare lange skoling en veral ervaring gemaak word.

En wat jou kan help om in krisissituasies goeie keuses te maak en nuwe uitweë te vind.

Vir die Bybel is hierdie beproefde soort kennis natuurlik nie onbekend nie. Dit staan bekend as wysheid, en word deurgaans aan ‘n deurleefde kennis van God en God se droom vir ons lewe gekoppel. Hierdie wysheid help ons nie net tussen reg of verkeerd, goed en kwaad onderskei nie – dit gee ons ook die nodige selfvertroue om dapper keuses in moeilike omstandighede te maak.

Vandag verstaan ek my pa se opgewondenheid hieroor beter as ooit.

Want is dít nie die soort wysheid wat ons deesdae so dringend in ons verwarde en stukkende samelewing nodig het nie?

Gees van God, kom en vul ons weer met u wysheid en aanvoeling, sodat ons keuses kan maak wat ons samelewing ten goede sal kom. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed