Boodskap vir Vandag

Search

‘n Keerpuntvers

So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele (1 Tessalonisense 3:13).

Skynbaar was 1 Tessalonisense 3:13 nóg ‘n keerpuntvers in die ou kerkvader, Augustinus, se lewe.

Ons ken tog sy boeiende verhaal.

Hoe hy op ‘n stadium as jongman betreklik onverskillig geleef het. En soos baie wat sukkel om aan te pas, homself oorgegee het aan die plesier van die lewe.

En dan, hoe hy op ‘n dag by monde van ‘n jong meisie se stem die oproep hoor om weer die Skrifte te gaan lees. Waarná hy die kernboodskap van die Bybel opnuut ontdek. Dit is dat God hom steeds, ondanks sy oppervlakkige keuses, innig liefhet.

En dat alles ten slotte net genade is.

Dan ontdek hy boonop 1 Tessalonisense wat ‘n verdere perspektief bied. Dit is dat die liefde ‘n mens boonop innerlik sterk maak om heilig en onberispelik voor God ons Vader te wandel. Ook eendag só voor Hom te staan.

Die vraag is: “Ken ons dié liefde? Het dit ons al so oorrompel dat ons hele lewe, ja, alles wat ons dink of doen, daarom begin draai?”

O Here, dankie opnuut vir u liefde en genade. Help ons om vandag met oorgawe daaruit te leef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed