Boodskap vir Vandag

Search

‘n Koninkryk sonder terreur

“My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie,” antwoord Jesus. “As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie” (Johannes 18:36).

As ek Johannes 18:35 lees, wonder ek altyd of Pilatus Jesus se antwoord op sy ongeërgde vraag goed gehoor het?

En hoor óns dit steeds vandag?

Dat Jesus se koninkryk nie van hierdie wêreld is nie. Wat beteken dat dit ‘n koninkryk sonder enige militêre begroting of wapens is. ‘n Koninkryk sonder onderdrukkende wette of terreur. Sonder vergelding of wraak.

Ja, dit is ‘n koninkryk sonder rassisme of uitbuiting, sonder die misbruik van mag of van daardie voorregte en middele wat God elke dag aan ons skenk.

Méér positief gestel: Dit is ‘n koninkryk van oorvloedige lewe. Een van ongekende moontlikhede. ‘n Koninkryk waar mense mekaar vergewe, help en bystaan, sodat vrede en geregtigheid kan begin deurbreek.

Kortliks: Dit is ‘n koninkryk waar die Gees van Christus vaardig is — dit is die Gees van liefde wat daarop afgestem is om mense bymekaar te bring.

Klink dit té idealisties?

Nee, dit is so werklik en so haalbaar as wat maar kan kom! Mits ons vandag weer bereid is om in hierdie koninkryk te glo en daaraan mee te doen.

Here, dankie dat u koninkryk van liefde en vrede reeds onder ons is. Help ons om vandag opnuut daaruit en daarvoor te leef.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed