Boodskap vir Vandag

Search

‘n Kwaliteit van die hart

Dit is ook heeltemal reg dat ek so oor julle almal dink, omdat julle my na aan die hart lê. Julle deel immers almal saam met my in die genade wat God aan my gee … (Filippense 1:7).

In sy boek “Bread for the Journey”, raak Henri Nouwen, die populêre geestelike skrywer, nóg ‘n ongewone, maar besonderse waarheid kwyt.

Dié slag oor die geheim van egte gemeenskap en ontmoeting – wáár dit begin en wát dit alles behels.

Ware gemeenskap, so voer hy aan, begin by die kwaliteit van jou eie hart, daar waar jy genoeg deernis, vergifnis en genade in jouself ontdek en dit so koester en versorg dat dit ook begin deurspoel na ander.

Die bekende Duitse teoloog wat ‘n wonderlike mooi boekie, “Life together” oor die geheim en aard van egte gemeenskap geskryf het, begrond die ontstaan van die Christelike gemeenskap presies hierin. Vir hom begin dit by die ontdekking dat jy, ondanks wie jy is, begenadig is, en dan dié genade ook met ander begin deel. “This alone is the basis of the longing of Christians for one another.”

Ware gemeenskap, daardie oomblikke waarin jy so naby aan ander kom dat julle harte vir mekaar begin oopgaan, is dus nie iets wat jy ywerig of angstig kan of hoef te organiseer nie.

Dit is iets waarop jy jou in jou eie hart moet voorberei en waarop jy dikwels eenvoudig kan wag.

Wat nie beteken dat jy nie daarvoor op die uitkyk moet wees en dit moet omhels as dit oor jou pad kom nie.

Here, dankie vir u genade wat U vandag weer uitstort in ons harte en wat ons laat uitreik na ander. Leer ons om hierdie gemeenskap wat gegrond is in u genade en wat in ons eie harte begin, opnuut te ontdek en te beproef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed