Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Mantra vir die dag

In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense (Johannes 1:4).

Die meeste van ons ervaar elke dag hoe gebeure rondom ons wisselende emosies in ons wakker maak.

Wanneer goeie vriende jou byvoorbeeld vroeg op ʼn Maandagoggend bel en nooi vir ete later in die week, is jy sommer summier vrolik omdat jy so baie daarna uitsien. Wat ook al tussen nou en dan gebeur, dié vrolike vooruitsig sal jou bokant al jou sorge uitlig.

En só, danksy sulke klein, positiewe gebare, word ons gevoel van hoop en betekenis gevoed en aan die gang gehou.

Maar daar is ook dae wanneer alles jou ontstem en kwaad maak. Soos wanneer jy lees van nog ʼn dwase keuse wat die rand laat tuimel. Of nog ʼn voorbeeld van mense wat hulle posisies misbruik om hulleself te verryk. Om só ons land se kwynende reputasie verder te skaad.

Oor hoe om te midde van sulke steurende ervarings kalm en positief te bly, het iemand eenkeer dié goeie raad gegee. Word stil en bepeins die volgende vraag, herhaal dit selfs weer en weer as ʼn soort mantra: “So what is the anger in me that wants to die? And what is in me that wants to live?”

Veral die laaste reël vra ons aandag. Nuwe lewe, hoop en energie is tog wat Christus in ons lewe wil ontsluit.

O Here, hoe weerloos en broos is die hart van die mens! Neem dit vandag weer gevange. Gee my nuwe lewe en nuwe uitsig. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed