Boodskap vir Vandag

Search

‘n Medium vir soeke

Die hele dag roep ek na U, Here, en steek ek my hande in gebed na U uit (Psalm 87:10)

Dat musiek gebed sonder religie kan wees, soos die Joodse musikant, Feidman sê, is inderdaad ‘n wonderlike uitdrukking of waarneming.

Maar miskien verdien sy opmerking tog ‘n bietjie toeligting.

Want dit is beslis nie so dat alle musiek mens so ontroer dat jy na bid voel nie. Inteendeel, daar is musiek wat erg steurend kan wees – wat ‘n mens kan ontstem en oprui. Jou selfs in ‘n slegte of aggressiewe bui plaas.

Maar daar ís ook musiek wat, sonder dat dit noodwendig ‘n direkte geestelike inhoud het, jou só kan aangryp en ontroer dat jy spontaan jou hande in ‘n soort gebed na bo wil strek. Of jou oë wil sluit en in verwondering wil kniel.

Wie in stilte na die stadige adagio-beweging uit Beethoven se negende simfonie luister, of na dieselfde beweging uit Dvorak se tjellokonsert in B Mineur – of selfs na Van Morrison se “These are the days” – sal weet waarvan ek praat.

Smake verskil, maar daar is inderdaad musiek wat die allure van ‘n gebed sonder enige religie het. Musiek wat in dié sin ‘n spontane uitreik na iets méér verhewe as jyself meebring.

Vir hulle wat sukkel om te glo, kan sulke musiek selfs ‘n belangrike medium vir ‘n eerliker soeke na en selfs dieper bewussyn van die goddelike word.

Here, laat daar vandag tog weer musiek in ons ore opklink wat ons harte ontroer en ons ‘n dieper bewussyn van U self, ja van u goedheid en skoonheid, gee. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed