Boodskap vir Vandag

Search

‘n Nuttelose getuigskrif

Toe hulle by Jesus kom, het hulle ernstig by Hom daarop aangedring en gesê: “Hy is dit werd dat U dit vir hom doen …” (Lukas 7:4).

‘n Mense sou die verhaal van Lukas 7:1-10 wat handel oor die genesing van ‘n Romeinse offisier se slaaf, ook die verhaal van twee getuigskrifte kon noem.

Die eerste getuigskrif kom van ‘n klompie Joodse familiehoofde en handel oor ‘n offisier wat Jesus versoek om sy slaaf gesond te maak. Die Jode was kennelik beïndruk met hierdie heiden-militêr wat in vele opsigte ‘n merkwaardige en ryk filantroop was – iemand wat op eie koste hulle sinagoge gebou en boonop vir sy siek slaaf omgegee het.

Nogal merkwaardig vir ‘n ongelowige! Geen wonder dat hulle hom ernstig by Jesus aanbeveel nie: “Hy is dit werd dat U hom help, dit vir hom doen.”

Maar dan ignoreer die offisier hulle gloeiende getuigskrif, ja, skeur hy dit by wyse van spreek op wanneer hy vir Jesus laat weet: “Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie” (Luk 7:6-7).

Hierdie man het geweet dat menslike bewondering of aanprysing dikwels misleidend, veranderlik en oppervlakkig, ja, selfs nutteloos kan wees. Dat ‘n mens jou lewe of waardigheid nooit net daarop kan bou nie. Ook nie op jou baie talente, prestasies of rykdom nie. Nee, wat deurslaggewend is, is wat God van jou sien en dink. Hoe God jou beoordeel. Hierin, so het hy aangevoel, lê ons heil en genesing as mense.

En hy was reg, want kort hierna sou hy nóg ‘n getuigskrif ontvang – dié keer van Jesus. Een wat sy lewe radikaal sou verander. Hierna sal ons môre kyk.

Here, laat ons maar erken hoe strelend en belangrik ander mense se opinies en aanprysing vir ons is. Help ons vandag weer om nie ons lewe of hoop daarop te bou nie, maar alleen op U.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed