Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Nuwe gonswoord

Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei (Ps 43:3).

Onlangs het ek die voorreg gehad om deel te neem aan ʼn interessante konferensie oor “Om eg teenwoordig te wees”.

Dié tema gons op die oomblik in sekulêre maar ook godsdienstige kringe.

Oral in boekwinkels duik literatuur hieroor op. Wie ken nie The Power of Now van Eckardt Tolle nie? Dit is maar een van talle publikasies wat die noodsaak van egte teenwoordigheid, oftewel volle bewussyn (“mindfulness”) – soos dit in sekere kringe bekendstaan – beklemtoon.

Op my lessenaar lê twee bekende boeke hieroor – The Full Catastrophic Living van Jon Kabat-Zinn, ʼn gesaghebbende oor meditasie en hoe dit groter bewussyn of teenwoordigheid kan bevorder, en The Mindful Way through Depression, wat deur vier internasionaal bekende sielkundiges en psigiaters geskryf. Dié interessante boek word as ʼn nuwe handleiding vir emosionele gesondheid en balans aangebied.

Só kan ek aangaan. Sommige teoloë vertrou nie hierdie uitsluitlike fokus op bewussyn nie en verkies eerder die frase “om meer sielvol te leef”.

Hoe dit ook al sy, wie oor hierdie onderwerp begin lees, kom gou agter ons gejaagde kultuur en veral ons oorvol lewe het tot hierdie nuwe belangstelling aanleiding gegee. Want, só voer die meeste skrywers aan, sonder dat ons dit aldag besef, leef die meeste van ons sonder egte bewussyn.

Ons lewe word gedryf deur aansprake en eise wat ons nie net uitput en vermoei nie, maar ons ook op allerlei subtiele maniere vervlak en van ons diepste bestemming as mens vervreem – meestal met katastrofiese gevolge vir ons en die omgewing.

My opdrag by hierdie konferensie was om na te dink oor “Spiritualiteit van teenwoordig-wees” – wat dit behels en waar dit ons uitbring. In die volgende paar dae wil ek enkele gedagtes hieroor met julle as lesers deel en dit saam met julle verken.

O Here, wees by ons vandag en leer ons opnuut om met groter integriteit te leef. Ook om meer teenwoordig te wees by mense en dinge. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed