Boodskap vir Vandag

Search

‘n Nuwe somer wat aanbreek

Sodra julle sien dat hulle begin uitloop, weet julle vanself dat die somer al naby is (Lukas 21:30).

Met die eerste oogopslag mag Lukas 21:25-36 – ons teks vir die week wat oploop na die eerste Sondag van Advent – ons ietwat teen die bors stuit.

Want Advent is tog ‘n tyd van nuwe hoop en verwagting, een waarin ‘n mens jouself tereg gereed mag maak om bly en getroos te wees.

En nou praat Jesus van sware tye wat om die draai wag (Luk 21:23). Van radeloosheid onder die volke (Luk 21:25), van spanning en vrees oor dinge wat rondom die wêreld gebeur (Luk 21:26). En van ‘n grootskaalse afstomping waar mense hulleself oorgee aan plesier en nie meer vir ander omgee nie (Luk 21:34).

Klink dit nie ontsettend bekend en naby nie?

En tog – en dít moet ons in hierdie adventstyd ook weer leer raaksien – is traumatiese gebeure soos hierdie dikwels die tekens van nuwe oorgange, van dramatiese, maar noodsaaklike veranderings. Ja, van ‘n nuwe somer wat aanbreek (Luk 21:30), van God se koninkryk wat naby gekom het (Luk 21:31).

En van God se mag en werk wat nog in óns tyd sigbaar kan word (Luk 21:32).

Dit is geen wonder dat Jesus sy dissipels – en vir ons – in sulke tye oproep om oplettend en waaksaam te leef nie (Luk 21:29,36).

En om nooit op te hou bid nie.

O Here, hoe goed om vandag weer te hoor dat ontstellende gebeure tekens daarvan kan wees dat U werk. Laat ons vandag opnuut daarop let. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed