Boodskap vir Vandag

Search

‘n Onbekende rykdom

Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis dra en My volg” (Lukas 9:23).

Om deel te word van die Christusverhaal en só iets van God se liefde te gewaar, is nie so maklik nie.

Dit vra van ons die moed om deel te word van Christus se lydensweg. Om soos Hy, jou eie selfgerigte ambisies en belange op te skort, hulle selfs van minder belang te ag sodat jy allereers vir ander mense beskikbaar kan word en hulle met liefde en sorg kan bedien.

Maar wie is lus vir hierdie soort opoffering, hierdie soort kruis? Veral wanneer daardie ander mense jou irriteer, te na kom en verontreg? Dan wil jy juis afstand neem en seker maak dat jóú belange allereers beskerm bly, jóú reputasie intakt en jóú veiligheid gewaarborg is.

In sy kommentaar oor Lukas 9:23-27 waar Jesus dit uitdruklik stel dat navolging van Hom selfverloëning vra, noem die Switserse prediker, Walter Lüthi, verskeie redes waarom ons traag is om hierdie pad te loop.

Al die redes kom daarop neer dat die koste eenvoudig te hoog lyk. Asof dit heelpad net een stuk ellendige verlies gaan beteken – verlies van jou eie middele, status, invloed, gesonde verstand – ja, alles waarop jý prys stel en waaraan jy sélf so lank en hard gewerk het. Luthi beskryf ons dilemma só: “Ons burgerlike eergevoel het vir ons vandag belangriker geword as die evangelie wat ons in liefde na tollenaars en sondaars wil laat uitreik.”

Maar juis hierin, in hierdie onselfsugtige kruisweg-liefde, so wil Jesus ons leer, lê die geheim van ware vryheid. Hierin skuil ‘n onbekende rykdom, ‘n wins waarvan ons nog min weet of verstaan.

O Here, help ons vandag in ons bewoë land om opnuut die wins van ‘n lewe van selfverloëning en opoffering te leer ken. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed