Boodskap vir Vandag

Search

‘n Onpeilbare geheim

Ek probeer verstaan, maar ek bly Hom vrees (Job 23:15).

Jy sal tog saamstem: Job se pleidooi teenoor God en sy vriende dat hy volkome onskuldig is, selfs suiwer soos goud leef (Job 23:10), klink effe vreemd, indien nie uiters arrogant nie.

Geen mens kan dít tog sê nie – veral nie as jy soos Paulus weet dat niemand regverdig is nie (Rom 3:10-18). En dat ons goeie bedoelings soms heeltemal skeef kan uitdraai (Rom 7:21-24).

Tog, deur Job se pleit van onskuld op te stel teenoor sy vriende se bewering dat sy lyding as gevolg van die een of ander sonde is – en dat hy dit moes erken en bely – wou die skrywer van die boek ʼn bepaalde punt maak.

Dít is dat God nie noodwendig mense laat ly as gevolg van die een of ander sonde nie. Of mense outomaties seën wanneer hulle goed doen nie. Dit was die vals wysheid wat Job se vriende aan hom wou opdwing.

Nee, God se werk – so wil die skrywer ons herinner en selfs troos – is veel ingewikkelder en geheimnisvoller. Want God is soewerein, selfs ook baie méér genadig as wat ons dink. So laat God sy son oor goeies en slegtes opkom (Matt 5:45). Verwek Hy uit klippe kinders vir Abraham. En laat Hy toe – en dít is die pynlik deel – dat sy geliefde kinders by tye kan ly en swaarkry (Jak 1:2-8).

Dit is die onpeilbare geheim waarmee Job moes saamleef.

En waarmee ons vandag steeds worstel.

O Here, ons verstaan nie u weë met mense nie. Tog sal ons U nie los nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed