Boodskap vir Vandag

Search

‘n Onverwagse ingreep

Die liefde van Christus dring ons … (2 Korinthiërs 5:14).

Paulus se lewe was nog altyd vir my ‘n bron van groot troos en inspirasie.

Allereers omdat sy lewe ons daaraan herinner dat ‘n mens inderdaad kan verander. Dink net hoe Paulus van ‘n geswore vyand van die Christendom oornag tot ‘n getroue volgeling van Christus verander is!

So dramaties en verbasend was dié verandering dat die volgelinge van Jesus aanvanklik nie aan dié storie wou byt nie. Totdat hulle hom self gesien en gehoor het (Hand 9:26-30).

Wie agter die geheim van hierdie merkwaardige verandering in Paulus se lewe ingrawe, sal weldra agterkom dat dit gesetel is in die onbegryplike liefde van Christus – Christus wat regdeur sy lewe mense soos Paulus opgesoek, vergewe en tot ‘n nuwe arbeid geroep het.

Hierdie onverwagse liefdesingryping van Christus in Paulus se lewe verklaar die ommekeer in sy lewe. Ook sy latere, aangrypende lofsang oor die liefde as God se hoogste en beste gawe aan die mens (1 Kor 13).

Want ná sy bekering was dit hiérdie liefde wat hom voortdurend sou dring (2 Kor 5:14), wat die koers en bestemming van sy lewe sou bepaal, en waartoe hy ander ook sou oproep en aanmoedig (Rom 13:8, Fil 1:9, Efes 3:14-20).

Onder andere ook vir jóú vandag.

Here, dankie vir die herinnering van Paulus se lewe – dit is dat ‘n mens kán verander en vir liefde, ja, u liefde, kan begin lewe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed