Boodskap vir Vandag

Search

‘n Oopgeskeurde hemel

Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos ‘n duif na Hom toe sien neerdaal (Markus 1:10).

Soos ons reeds vroeër gehoor het, word die gees van Advent goed verwoord deur die versugting van Jesaja in hoofstuk 64.

Eers hoor ons hom kla oor die volk se sondes (v 5-7) – waarná hy pleit dat die Here nie vir altyd kwaad sal wees nie (v 9); dat God sal onthou dat God hulle gevorm het (v 8).

In dié konteks hoor ons sy diepste versugting: “As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkom” (v 1). Of anders gestel: “As U maar wil ingryp en wil help!”

Advent help ons om hierdie versugting of verlange ook vandag in ons eie hart te herken en agterna te sê.

Maar Advent praat ook van die verhoring van Jesaja se gebed, die vervulling van God belofte dat hy sy volk nie sal vergeet nie. Ja, dat God sal kom om te help (Jes 66:12 vv).

Hoe aangrypend word hierdie belofte nie waar nie wanneer Johannes die Doper jare daarna die koms van Jesus aankondig en die pad vir Hom voorberei (Mk 1:2-8). En Jesus plotseling self tussen die mense kom staan (Mk 1:9). Dan hoor ons hiérdie woorde: “Net toe Hy uit die water kom, het Hy die hemel sien oopskeur en die Gees soos ‘n duif na Hom toe sien neerdaal” (Mk 1:10).

Sedert Christus se koms, is die hemel oop, die verborgenheid van God sigbaar, die weg van God af na die mens toe gebaan. Sodat ons nou maar met vrymoedigheid na God mag roep, in ootmoed mag bid en vra dat God sal kom.

Op dié manier betree ons vandag weer die avontuur van God se liefde en vergifnis vir mense.

Here, dankie dat U die hemel oopgeskeur het sodat ons met groter vertroue mag bid dat U sal kom. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed