Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Pad van vreemde liefde

“Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel” (Matteus 5:44-45).

Daar is min uitsprake van Jesus wat sy tydgenote se ore so laat tuit het as sy uitspraak dat ons ons vyande moet liefhê en vir ons vervolgers moet bid (Matt 5:44).

Dit voel of amper asof Jesus hier iets vra wat menslik net nie haalbaar is nie.

Trouens, Martin Luther, die beroemde kerkvader, het in sy tyd reeds aangevoer dat Jesus met hierdie opdrag eintlik net wou wys op ons menslike onmag om dit te kan doen. Sodat ons die heeltyd sal weet: Vir vyandsliefde bly ek op God se genade alleen aangewys.

Tog staan Jesus se woorde hier as ʼn konkrete en onontwykbare opdrag. Boonop word hierdie opdrag in Matteus 5:44-45 direk aan ons identiteit as kinders van God gekoppel. Waarmee Jesus wou sê: Wanneer ons kinders van God is, moet ons weet ons sal hierdie pad van vreemde liefde nie kan vermy nie. Presies hieraan – aan hierdie totaal radikale en vreemde vorm van liefde – sal mense ons as kinders van God herken.

Natuurlik was Luther reg. Om hulle wat ons steeds beskinder of veronreg lief te hê is, menslik gesproke, bykans onmoontlik. Tensy God se genade paaie daarheen oopmaak.

En dié paaie bestaan. Die kuns is om dit te vind en te beproef.

O Here, so graag wil ons u kinders wees wat naby aan U leef. Wys ons dié pad, selfs al lei dit ons na mense by wie ons nie graag wil wees nie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed