Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Pad van vreemde liefde

“Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel” (Matteus 5:44-45).

Daar is min uitsprake van Jesus wat sy tydgenote se ore so laat tuit het as sy uitspraak dat ons ons vyande moet liefhê en vir ons vervolgers moet bid (Matt 5:44).

Dit voel of amper asof Jesus hier iets vra wat menslik net nie haalbaar is nie.

Trouens, Martin Luther, die beroemde kerkvader, het in sy tyd reeds aangevoer dat Jesus met hierdie opdrag eintlik net wou wys op ons menslike onmag om dit te kan doen. Sodat ons die heeltyd sal weet: Vir vyandsliefde bly ek op God se genade alleen aangewys.

Tog staan Jesus se woorde hier as ʼn konkrete en onontwykbare opdrag. Boonop word hierdie opdrag in Matteus 5:44-45 direk aan ons identiteit as kinders van God gekoppel. Waarmee Jesus wou sê: Wanneer ons kinders van God is, moet ons weet ons sal hierdie pad van vreemde liefde nie kan vermy nie. Presies hieraan – aan hierdie totaal radikale en vreemde vorm van liefde – sal mense ons as kinders van God herken.

Natuurlik was Luther reg. Om hulle wat ons steeds beskinder of veronreg lief te hê is, menslik gesproke, bykans onmoontlik. Tensy God se genade paaie daarheen oopmaak.

En dié paaie bestaan. Die kuns is om dit te vind en te beproef.

O Here, so graag wil ons u kinders wees wat naby aan U leef. Wys ons dié pad, selfs al lei dit ons na mense by wie ons nie graag wil wees nie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.