Boodskap vir Vandag

Search

‘n Pynlike las

Dawid het oor haar laat navraag doen, en iemand het gesê: “Dit is Batseba dogter van Eliam, vrou van Urija die Hetiet” (2 Samuel 11:3).

Een van die sondes wat Dawid, ná die onsmaaklike episode met Batseba waarskynlik moes bely, was hoe hy van sy nabye vertrouelinge en vriende in die steek gelaat het.

Luister net hierna: Batseba se pa, Eliam, was die seun van Dawid se raadgewer Agitofel (2 Sam 15:12). Sowel Eliam as Urija – Batseba se man wat as gevolg van Dawid se verfoeilike geknoei gesterf het – was deel van Dawid se uitgesoekte en gewaardeerde vegters (2 Sam 23:13, 34, 39).

As vrou, dogter en kleindogter van hierdie oorlogshelde, was sy na aan Dawid se vertroude vriendekring, indien nie indirek deel daarvan nie. En nou, deur die ongeoorloofde seksuele eskapade met haar, toon Dawid nie net ‘n brutale ongevoeligheid nie. Hy toon ‘n volkome gebrek aan lojaliteit teenoor sy manskappe en raadgewer-vriend.

Baie ken hierdie verraad van vriende en familie. Van hoe diesulkes jou in die rug kan steek, op jou kan neersien of jou blatant kan verontreg of ignoreer.

Dit bly een van die pynlike laste wat ‘n mens soms moet dra.

O Here, U weet hoe ek vandag worstel om hulle te vergewe wat my verontreg het. Gee my vandag daardie genade om, terwyl ek die onreg erken, nie toe te laat dat dit my lewe onnodig belas of selfs verwoes nie. Gee my die nodige begrip, liefde en veral die moed om te vergewe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed