Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Ryke verskeidenheid

“Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie … Nee, Ek noem julle vriende” (Johannes 15:15).

Yster slyp yster, vriende vorm mekaar (Spreuke 27:17).

Ons vriendskappe met mense is dikwels ryklik gevarieer en vind op verskillende vlakke plaas.

Party van ons vriende is nader aan ons as ander. Hulle ken ons harte en kan ons diepste ervarings met ons deel. Ander, weer, hoewel hulle steeds vriende is, deel in minder intieme aspekte van ons lewe, hoewel nie onbelangrike aspekte nie.

Die kuns is om al hierdie verskillende vriendkappe op eie meriete te waardeer, te geniet en te onderhou. Meer nog, ons word uitgedaag om ook op die uitkyk te bly vir vriende wat totaal anders as ons is.

Tydens my teologiese studies het een van my dosente waardevolle raad in hierdie opsig gegee. Dit is dat ons as teoloë of predikante, gegewe die gevaar dat ons maklik wêreldvreemd en geïsoleerd kan raak, nie net sal vriende maak met mense wat soos ons glo en dink nie. Dat ons ook dié wat heeltemal anders as ons is, sal opsoek en leer ken. En by hulle sal leer.

Op dié manier bly ons op voetspoor van Jesus wat met sy keuse van dissipels gewys het dat Hy ruimte bied vir ʼn ryke verskeidenheid vriende.

Vriende wat mekaar se lewe, dikwels juis as gevolg van hulle verskille, kan slyp en verryk.

Here, dankie vir die gawe van vriendskap. En dat ons kan leer van hulle wat soveel anders as ons is. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed