Boodskap vir Vandag

Search

‘n Slordige lewe

Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie? (Jakobus 4:1).

Dit word toenemend ‘n uitdaging om kalm en bedaard op ons bedrywige paaie te bly.

Wanneer nóg een oor ‘n rooi robot jaag, op ‘n dubbelstreep verbysteek of teen jou agterste modderskerm kom sit, raak ‘n mens se bloeddruk gou ongesond hoog.

Onlangs in ‘n bank waar ek saam met ander my beurt afwag, luister ek ‘n interessante gesprek hieroor af – een waarin twee persone probeer uitpluis waarom mense vandag die padreëls so blatant oortree.

Die man is oortuig dat dit alles met selfsug te make het. “Die oortreders is mense wat eenvoudig net aan hulleself dink,” so voer hy aan. Die ander gesprekgenoot, ‘n vrou, is méér simpatiek en lei dit terug na onkunde. “Daar is meer mense vandag wat onervare is en nie die reëls ken nie – wat nooit motors besit het nie en nog moet leer,” is haar argument.

Waarskynlik het sy ‘n punt beet, maar my hart gaan tog met die man akkoord. Want juis onkunde en onervarenheid behoort ‘n rede vir groter versigtigheid en kalmte te wees.

Nee, baie mense ry onverskillig eenvoudig omdat hulle selfsugtig en slordig leef – hulle steur hulle weinig aan die verkeersreëls, aan ander mense of aan God en sy gebooie.

As Christene moet ons ‘n ander voorbeeld stel – een wat beter en minder selfsugtige waardes reflekteer, spesifiek op ons paaie.

Here, help ons tog in dié dae van spoed en ongeduld om minder selfsugtig en meer geduldig en liefdevol te leef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.