Boodskap vir Vandag

Search

‘n Somber, maar goeie Vrydag

En Jesus antwoord hom: “U sou geen gesag oor My gehad het as dit nie van Bo aan u gegee was nie” (Johannes 19:11).

Môre herdenk die Christendom een van sy belangrikste en ook mees sombere feesdae – Goeie Vrydag.

Somber ja, want wat op Goeie Vrydag in die herinnering voorop staan, is die verskriklike en uitgerekte lyding en sterwe van Jesus – die talentvolle en sagsinnige man van Nasaret. En tog is dit ook ‘n feesdag. Sy dood – so het die Christendom deur die eeue onthou en getuig– was terselfdertyd ‘n ongekende liefdesdaad van God.

Sodat in en deur sy dood daar skielik ‘n deur van hoop en nuwe lewe oopgegaan het vir almal wat hulleself – ook vandag nog – beangs, verwerp, verlate en verlore gevoel het.

Wie oog wil kry vir hierdie vreemde, maar bevrydende paradoks van Goeie Vrydag, moet maar net weer Johannes se weergawe van Jesus se lyding en dood in Johannes 18:1-19:42 gaan lees. Hier sien ons duidelik hoe, te midde van die donker skaduwees van verraad, onreg en geweld, die lig van God se liefde nooit ophou skyn nie.

Wie mooi lees, sal dit gou opmerk: Hoe Jesus hier op geen stadium ‘n tragiese slagoffer van verraad of geweld is nie. Inteendeel, regdeur sy lyding, tree Hy gesagvol as die Seun van God op wat sy lewe vrywillig in ‘n ongekende daad van liefde vir elkeen van ons kom aflê het.

Dít, by uitstek, maak van hierdie Vrydag ‘n goeie Vrydag.

Here, dankie vir Jesus se kruis waarin ons in dié tyd weer iets kan gewaar van God se geweldige liefde vir ons – ‘n liefde wat ons in ons donkerste nag bly dra. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.