Boodskap vir Vandag

Search

‘n Storie van waagmoed en bemiddeling

Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring (Handelinge 9:27).

Barnabas – die een wat ander kon bemoedig – se vermoë hiertoe, asook sy bereidwilligheid om grense oor te steek en vir ander in te tree, word nêrens mooier geïllustreer nie as in sy geskiedenis met Saulus, wat later Paulus genoem is.

In Handelinge 9:26 lees ons hoe moeilik dit aanvanklik vir die volgelinge van Jesus was om Saulus ná sy dramatiese bekering as een van hulle te aanvaar. Daarvoor was sy terreurdade teenoor hulle eenvoudig té groot. Ook té vars in die geheue.

Sy naam het vrees opgeroep, en hulle het moeilik aan sy storie van verandering verteer.

Totdat Barnabas hom oor Saulus ontferm en na die apostels gebring het. En hulle toe oortuig het van die egtheid van sy bekering. Sodat die apostels Saulus nie net aanvaar het nie, maar kort daarná ook teen die dood beskerm het (Hand 9:30).

Wat ‘n wonderlike storie van waagmoed en bemiddeling, van vergifnis en aanvaarding!

In ons land waar mense mekaar toenemend wantrou en selfs vreemdelinge verjaag en vermoor, benodig ons dringend hierdie gees en instelling van Barnabas.

Wat natuurlik niks anders as die gees van die lewende Christus is nie!

Here, gee ons vandag opnuut die gees van Barnabas – hy wat bereid was om uit te reik en hom oor die vreemdeling te ontferm. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed