Versoek aan ons Skepper HEER dat die afgelope maande, en tans laaste 7 dae , se veldbrande tot 'n einde sal kom. Ons Brandweer Manne en Amptenare van Owerhede is uitgeput. Miljoene rande se skade is aan infrastruktuur aangerig.
My man het n alkol problem dit druk ons gereeld in die moeilkheid laat daar nie geld is vir kos,my seun van 19 het n spraak problem hy sukkel om te praat,my seun van 25 kry angsaanvalle dan vir my self ek wil n kind van God wees ek wil nader aan God wees maar waar begin ek
Ek bid en vra die Heer om my en my gesin teseën, om vir my nuwe deure oop temaak en n werk op my pad sal stuur, ons sterker in geloof sal maak sodat ons nooit ophou sal glo of vetrou nie. Die Heer was nog altyd goed vir ons en ek glo dat hy my op die regte pad sal ly en die regte werk op my pad sal stuur.
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.
Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.