Boodskap vir Vandag

Search

‘n Teken van vryheid

Toe sê Dawid vir Natan: “Ek het gesondig teen die Here.”

Een van die groot tekens dat jou lewe kan verander, ja, dat God se genade en liefde dit ten goede beïnvloed het, is dat jy nie langer skaam of traag is om jou foute en mislukkings te erken nie.

Trouens, danksy God se genade kry ‘n mens die moed om eerliker met jou eie lewe om te gaan – om nie net jou swakhede en sondes reguit in die oë te kyk nie, maar dit ook, dikwels onder trane, uit te sê teenoor God – en van daaruit ook teenoor ander.

En wat ‘n vars bries is dit nie om sulke mense te ontmoet nie. Mense wat nie hulleself heeltyd hoef te handhaaf, verskonings hoef te soek of ander vir hulle foute hoef te blameer nie. Maar wat openlik en eerlik, soos Dawid, by ‘n punt kan kom om te erken: “Ek is die man. Ek het oortree. Ek verdien die vermaning of straf.”

Om só eerlik te wees en skuld te bely, ook vir jou skewe dade of woorde verskoning te vra, is gewis geen swakheid nie. Ook nie iets om jou oor te skaam nie.

Dit bly ‘n teken van groot vryheid.

Here, hoe vinnig is ons nie om onsself te verontskuldig en te handhaaf nie. O, maak ons eerliker en gevoeliger vir u werk in ons lewe. Sodat ons makliker ons sondes voor U en ander sal erken. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed